Installeer podcast op jou foon om Parashah's te ontvang:
Die volgende stappe sal verduidelik hoe jy die Parashahs kan luister op die mees gerieflikste manier. Indien jy 'n Android gebruiker is maak gebruik van die volgende stappe:
Stap 1: Maak ‘Google Playstore’ oop.
Stap 2: Soek en Installeer Spotify.
Stap 3: Nadat Spotify geinstalleer is sal jou moet registreer met ’n epos adres en wagwoord.
Stap 4: Soek Parashah op die geinstalleerde Spotify.
Stap 5 : ‘Subscribe’ (Gratis) om automaties die nuutste Woord te ontvang.
As jy 'n Apple gebruiker is:
Stap 1: Maak die Apple Podcasts app oop (reeds geinstalleer op Apple toestelle).
Stap 2: Soek Parashah op die Podcast app.
Stap 3: ‘Subscribe’ (Gratis) om automaties die nuutste Woord te ontvang.
Indien jy nie regkom met die bogenoemde stappe nie, laat weet ons gerus per Whatsapp, 076 460 8764.