logo small

Torah: Gen 32:3 tot Gen 36:43
Haftarah: Obadja 1:1-21
B’rit Chadasha: Mat 26:30-56; Heb 11:11-20. 

img 20201205 wa0005
 
Ons het gesien Jakob het met die “man” geworstel en Jakob se naam is verander na Israel en dan sê Gen 32:30 -32 “Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered. En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pniël verby was; en hy was mank aan sy heup. Daarom eet die kinders van Israel die heupsening, wat aan die heupbeen is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die heupbeen, aan die heupsening, geslaan het.” M.a.w hier verwys die Woord na ʼn tradisie om nie die vleis van hierdie deel van ʼn dier te eet wat ooreenstem met die deel van Jakob se liggaam wat deur die “Man” getref is in die deurnag worsteling “abaq” nie. Die woord heup in Hebreeus is yarech. Dit is dieselfde woord wat vroeër in die Torah gebruik is om die plek te beskryf waar Abraham sy dienaar gevra het om sy hand te plaas terwyl hy beloof het om ‘n vrou vir Isak te bekom by sy familie in Haran. Hierdie tradisie word genoem “die wet van Gid HaNashe.” “Gid” beteken “tendon.” “Nashe” beteken “geskuifde.” M.a.w “Gid ha-Nashe” beteken “die geskuifde tendon”. Volgens kenners is dit die T-Bone gedeelte op ‘n bees en daarom eet baie kinders van Israel (veral Jode) nie T-bones nie. Dit is nerens ‘n instruksie van Abba Vader af nie, nee dis ‘n menslike tradisie wat ingestel is.  Abba Vader beveel nerens dat ons nie hierdie deel van ‘n kosher dier moet eet nie, behalwe die bloed en sekere vette van die dier.  As ‘n dier rein (tahor) is, wil dit voorkom asof al sy vleis ook vir Abba Vader rein of tahor is. 
 
So Jakob het die plek “Pniël” genoem want hy het Abba Vader gesien van aangesig tot aangesig. Daar word in die hele Genenis 32 baie klem gelê op gesig of aangesig.  Het dit dalk enige iets te doen met die verandering of die tranformasie in Jakob? Jy sien Jakob het dinge begin “face” in sy lewe en nie meer weggehardloop nie en daarom loop hy ook toe sy broer Esau teggemoet wat hom 20 jaar terug wou dood maak. Maar dit lyk asof Esau gereed was om sy belofte om sy broer dood te maak, na te kom. Ek meens hy kom Jakob immers tegemoet met 400 man. Maar iets het verander want dinge gaan nie soos wat die ou Jakob verwag het nie. Onthou  Jakob het al hierdie klomp geskenke vooruit gestuur en toe Jakob by Esau kom, staan daar in Gen 33:1- 4 “EN Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens Esau sien aankom en vierhonderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea en Ragel en onder die twee slavinne verdeel. En hy het die slavinne met hulle kinders eerste, en Lea met haar kinders daaragter, en Ragel en Josef laaste opgestel; maar hy self het voor hulle uit gegaan en hom sewe maal na die aarde gebuig, totdat hy by sy broer gekom het. Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween.” So wat het hier gebeur? Ek meen Esau het gesê hy gaan Jakob doodmaak, hy hoor Jakob is oppad terug en Esau kom aangestap met 400 man. As Esau rerig gekom het om Jakob te ontmoet met ‘n soengroet hoekom het hy 400 man saam gebring? Dink daaroor ... het Jakob weer vir Esau mislei hier met materialistiese dinge of kortstondige plesiertjies? Het Jakob vir Esau gebribe met al die baie geskenke wat Jakob vir Esau gegee het? Wel dit lyk asof dit gewerk het want in plaas van dat Esau met sy 400 man Jakob en sy familie doodmaak soengroet hy vir Jakob. Of is dit moontlik dat daar iets baie dieper hier plaasvind want waarom het Esau met Jakob versoen? Wel Jakob sê in Gen 32:20 “laat ek hom versoen met die geskenk wat voor my uit gaan, en daarna sy aangesig sien — miskien sal hy my in guns aanneem.” So dit was verseker Jakob se hart om met sy broer te versoen maar wat het in Esau gebeur? Jy sien dit wat Jakob vir Esau gestuur het as geskenke was nie 'n groetekaartjie of 'n bouquet blomme nie. Hy stuur letterlik elke tipe mak dier waaraan jy kan dink. Daar is: 200 bokooie, 20 bokramme, 200 skaapooie, 20 skaapramme; 30 moederkamele (Koeie) en hul suigeling kalwers; 40 koeie, 10 bulle;  20  donkie merries en 10 donkie hingste. Jo hierdie is nie net ' ʼn eenmalige geskenk nie, dit is 'n belegging. Jakob stuur mannetjies en wyfies van elke spesie; genoeg vir Esau om kuddes en troppe te teel. Dit is 'n geskenk wat aanhoudend vermeerder. As dit omkoopgeld is is dit ook vergesel met ‘n vleiery want Jakob sê vir sy dienaars om die diere na Esau te neem en te sê: “hierdie behoort aan my dienaar, Jakob en dit is 'n geskenk of ‘n huldeblyk vir u Esau.” 
 
Ons het vroeer in die week gesê, was Jakob nie dalk besig om terug te betaal of om restitusie te doen van die verkeerd wat hy aan Esau gedoen het met die neem van sy pa se seën deur misleiding nie? Want sien kan dit wees wat Jakob vir Esau saam met sy dienaars gestuur het as geskenke was ‘om en by’ wat Isak vir Esau mee sou seën 20 jaar gelede? Is dit moontlik dat dit wat Jakob aan Esau skenk ... die geldelike ekwivalent van die einste seën was wat hy sy broer Esau so lank gelede voor mislei het? Het Jakob dalk totaal en al teruggedraai en begin wandel in die weë van Abba Vader want onthou jare later gee Abba Vader ‘n instruksie in Lev 6:2-5 oor die terugbetalling van dit wat jy onregmatig by iemand gevat het word in Hebreeus “shalam” genoem. “Shalam” is Abba Vader se ewige standaard van geregtigheid, dit is die handeling om alles wat jy verkeerdelik geneem het terug te gee of om dit te vervang wat onder jou rentmeesterskap verlore gegaan het of beskadig is. 
 
So Jakob stuur al hierdie geskenke en toe Jakob uiteindelik binne trefafstand  van Esau kom, buig hy nie net een keer voor hom nie, maar sewe keer! M.a.w dit wil regtig voorkom asof Jakob enigiets sou doen om met Esau te versoen of te “shalam.” Wel dit het gewerk want Esau sien hom, hardloop na Jakob, hy omhels hom, soen hom en huil dan saam met hom. So waarom het Esau hiervoor geval of het Esau ook Jakob versoen? Dit is die man wat sit met ‘n wrok en bitterheid in hom al vir 20 jaar! Nou gee Jakob hom 'n hele boerdery en vlei hom met ‘n paar gevleide woorde en Esau skud eweskilik alles van die verlede af en omhels sy broer wat hy wou doodmaak. Is Esau net 'n gulsige buffel wat een oomblik gevul is met woede, maar as jy hom met mooi praatjies of geskenke omkoop, is hy jou beste vriend. Dit mag so voorkom maar ek dink daar is bewyse dat iets anders aan die broei was.
 
Om tot die kern te kom van wat hier tussen Jakob en Esau gebeur het, dink daaroor het soortgelyk nie ook vroeer met hulle gebeur nie? Wel al hierdie elemente het twintig jaar gelede voorgekom of verskyn in die seën wat Isak aan Jakob gegee het, wat eintlik vir Esau bedoel was. Onthou Isak, hulle pa se seën het begin met: “Abba Vader sal vir jou gee van die dou van die hemel en die vet van die land met 'n oorvloed graan en wingerd. M.a.w die seën was Abba Vader gaan jou regtig ryk maak! Jy sal die Goddelike geskenke van reën en gewasse ontvang. Nou hierdie geskenke of seën is wat net Abba Vader kan voorsien want alles behoort aan Hom (Ps 24:1). Maar nou twintig jaar later gee Jakob vir Esau genoeg vee wat Esau in staat sal stel om sy eie kommersiële ryk op te bou. Dan in die finale element in Isak se seën sê hy: “die kinders van jou ma sal voor jou buig.” En toe Jakob en Esau ontmoet, toe buig een van sy ma Rebekka se kinders (Jakob) inderdaad voor die ander. Jakob buig sewe keer vir Esau. Dan die seën van Isak het ook gegaan oor die verkryging van mag en status. Hy het gesê: “nasies sal jou dien en jy sal 'n meester oor jou broer wees.” Daarom is dit geen toeval dat Jakob homself die dienaar van Esau noem; en noem Esau – sy heer of meester nie. Dit gaan nog verder. Isak het in sy seën gesê: “Nasies sal voor jou buig.” Wel nadat Jakob voor Esau gebuig het, buig al elf seuns van Jakob, die 11 stamme van Israel, almal een vir een voor Esau. Benjamin was nog nie gebore nie.
 
So dit is asof die woorde van Isak se seën nou voor Esau se oë lewendig word. Dit lyk amper asof Jakob die seën van sy pa Isak vir Esau terug gee en dan sê Jakob ook  vir Esau “aanvaar asseblief my seën, neem wat aan jou gegee is.” M.a.w Jakob sê: “Neem die seën wat eintlik bedoel was om joune te wees.” So miskien was Jakob se aksies en intensies nie ‘n omkopery en vlei nie want hierdie hele konflik, tweespalt  of twis tussen die broers was as gevolg van die seën wat Jakob 20 jaar gelede geneem het wat aan Esau behoort het. Maar wat as Jakob, behalwe vir die rykdom en die mag ook, probeer het om dinge op 'n heel ander vlak reg te stel.  Want as ons dieper kyk na die versoening tussen Jakob en Esau dan sien ons twintig jaar gelede het Jakob na Isak se kamer toe geloop en voorgegee dat hy Esau was. Onthou Isak was onmiddellik agterdogtig, daarom het hy mos gesê asseblief kom nader en laat ek aan jou voel of jy my seun Esau was. Hy wou aan Jakob voel of vat om sodoende sy ware identiteit te bepaal. Nou 20 jaar later toe Jakob Esau nader kom buig hy sewe keer totdat hy by sy broer kom, en net soos Jakob naby Isak gekom het en sy vader Isak hom die hande opgelê het, kom Esau ook en lê ook hande op Jakob in 'n omhelsing.
 
Maar wag daar is meer. Die volgende ding wat Isak vir Jakob gesê het was asseblief, My seun, kom nader en soen my. Twintig jaar later doen Esau dieselfde: hy omhels Jakob en soen hom. Let wel Esau soen hom nie sommer net op die voorkop nie – nee hy soen hom ook in sy nek, presies waar Isak Jakob gesoen het. Onthou Jakob was bang dat sy gladde vel hom sou weggee dat sy Pa sou agterkom dat hy nie Esau was nie, daarom het sy ma Rebekka harige bokvelle op sy hande en sy gladde nek gesit want dis waar Isak vir Jakob gesoen het en nou kom soen Esau vir Jakob op dieselfde plek in die nek. Dan albei gebeurtenisse eindig in trane. Toe Esau besef dat Jakob die seëninge geneem het, staan daar: “hy het sy stem verhef en gehuil.” Twintig jaar later, nadat die broers mekaar omhels en gesoen het, staan daar: “hulle het saam gehuil.” So eintlik wat hierdie twee gebeurtenisse  skei is 20 jaar want byna dieselfde dinge gebeur in die twee gebeurtenisse. Maar let wel daar is 'n groot kontras tussen hierdie twee gebeurtenisse en dit het te doen met die trane.  
 
Alhoewel albei verhale in trane eindig, verskil die trane baie van mekaar. Twintig jaar gelede het Esau trane van angs en woede gehuil, trane wat verander het in 'n wraaksugtige belofte om sy broer dood te maak. Nou, twintig jaar later, huil Jakob en Esau albei saam en nou was dit trane van genesing en versoening wat ontvang is. Die trane is as gevolg van Jakob wat verander het, of getransformeer het, want sien daar was net een ding wat die verhouding met sy broer Esau kon herstel en dit was om terug te gaan na die wortel of die “root” van die probleem tussen hulle. En dit was dat Jakob Esau se seeninge gevat het wat aan Esau behoort het. Toe Jakob die presiese seeninge wat hy van sy pa ontvang het vir Esau gee, toe verander alles. So dit was nie 'n vertoning of omkoopgeld nie. Nee, Jakob was besig om skuld te erken en om verantwoordelikheid te aanvaar. Jakob was bereid om alles in sy vermoë te doen om hul verbrokkelde verhouding te herstel. En toe Esau dit sien, kon hy nie die trane stop nie. Toe Esau sien maar sy broer Jakob besef wat hy aan hom gedoen het en dat hy ware berou het, toe kon hy hom omhels. 
 
Jy sien Tabernakelskind, om goed onder die mat in te vee gaan nooit ooit versoening bring nie! Jy het nodig om dood te gaan aan jouself en om terug te gaan na die wortel van die probleem wat ontstaan het en berou en vergifnis gaan toon. In vandag se wereld, in die Jakob wereld, doen ons alles vir ‘me, myself and I.’ Ons doen alles wat nodig is om bo op die leer uit te kom in die wereld en gee nie om op wie ons trap nie. Tabernakelskind van Abba, sal jy Ruach vandag vra om vir ou te wys wat is daar in jou lewe soos in Jakob se lewe waar jy op iemand getrap het vir jou voordele ... en sal jy dan alles in jou vermoë doen en wat nodig is om versoening te gaan doen aan die pynlike verlede. Jy sien eendag lank gelede het Jakob sy nek bedek om Esau te mislei en te neem wat vir Esau bedoel was. Maar nou is Jakob/Israel bereid letterlik om sy nek na sy broer uit te steek in 'n opregte poging om hom te vergoed. Onthou Jakob het nie geweet of Esau hom sou aanval of soen nie. Maar sy bereidwilligheid om te begin en kwesbaar teenoor sy broer te wees, was sy grootste krag.  
 
Dit is waaroor versoening gaan. Al te gereeld bly ons in konflik met ander mense bloot omdat nie een van ons bereid is om te beweeg, om kwesbaar genoeg te wees om ons foute te erken, of om vir die ander een opreg te wys dat ons alles sal doen om hierdie verhouding te herstel en om versoening te doen nie.  Hoekom nie vandag vir Vader vra om jou te help om versoening te bewerkstellig in daardie verhouding waaraan jy nou of binnekort gaan dink nie. Moet dit nie verder onder die mat in vee nie .... nee gaan doen alles in jou vermoë. Jy verwag dalk om met 400 man aangeval te word as jy dit doen maar as jy Abba Vader vra om jou te help soos Jakob ... ontvang jy dalk net ‘n omhelsing, ‘n soen en baie trane. Om oor te ponder ... Dalk is dit net dit ... wat jou blok of jou keer om die volle droom te leef wat Abba Vader vir jou het!
 
Kom ons bid saam: 
Abba Vader, Skepper van my hart, ek loof en prys U. Vader hier is my hart, hier is my alles. Kom Rauch wys my en gee my die krag in Yeshua se naam om vergifnis en versoening te gaan doen. Vergewe my my skade wat ek enige een aangedoen het, kom was my met die waterbad van die Woord en kom leef in my. Meer en meer van U. Ek bid dit in Yeshua Ha-Mashiach se Naam, die Seun van YHVH. Shalom.

Audio Boodskap

 
X

Right Click

No right click