logo small

Om Vader se Woord te bestudeer, dit te mediteer en te bepeins is die hoogste vorm van aanbidding! My gebed is dat Sy Woord soos heuning in ons monde sal wees. Mag Abba Vader se Woord nie uit ons monde wyk nie; maar mag ons dit dag en nag bepeins, sodat ons as Abba Vader se kinders nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal ons weë voorspoedig wees, en sal ons met goeie gevolg handel.

In 2016 by die See van Galilea het Abba Vader vir my Woord gegee om Sy woord, Sy instruksies te leer, daaraan vas te kleef en te deel met Sy kinders. Hierdie Parashah is dus gebore uit ‘n passie om Abba Vader se Woord te bestudeer, Sy karakter te leer ken en om Hom lief te hê met my hele hart.

Ek is net ‘n stem of ‘n spreekbuis vir Abba Vader met ‘n opdrag om net Sy waarheid te verkondig. Dit is belangrik om dit wat bespreek word, self te bestudeer en Heilige Gees (Rauch Hakodesh) te vra om ons in die volle waarheid leer.

Ons sien uit daarna om jou saam met ons op die geloofsreis van hierdie jaarsiklus se Parashah te neem en so meer en meer van Abba Vader se verborge manna uit die Woord te ontdek.

 
X

Right Click

No right click